The ASD Metaphor Thread
The other day, I was trying to describe what AS is like to someone else, and I found myself using a number of metaphors. One of them went like this:
AS is an airport with no air traffic control tower.
There's no communication. Spotty regulation and movement.
Central functioning problems. Things tend to crash into each other. Etc.
So I was wondering if you had any personal metaphors for your place on the Autism Spectrum. Some image that describes your experience of Autism or Asperger's Syndrome.
Please list them here. I think it would be very constructive way for us all to understand each other better.
Something like the one I wrote above in bold:
AS is (insert metaphor here)
or
Autism is (insert metaphor here)
Thanks!
_________________
Plantae/Magnoliophyta/Magnoliopsida/Fabales/Fabaceae/Mimosoideae/Acacia
I wrote this to my best friend a few months ago. It's my aspie metaphor. I was also trying to explain my meltdowns. Most people who visit this forum are not going to understand it, I know, but one or two may.
Ek is nie siek nie. Ek is nie gebore met 'n siekte nie. Ek is nie abnormaal of gebreek of foutief vervaardig nie.
Net soos daar Kolliehonde is wat op hul gelukkigste is wanneer hulle kan rondhardloop en skape aankeer, en net soos 'n hond wat nie 'n opreggeteelde Kollie is nie maar wel Kollie-bloed in hom het, ook sommige van daardie optrede sal toon, so is ek ook 'n sekere soort mens met sekere gene. As jy van 'n Kolliehond verwag dat hy die optrede van 'n Great Dane, Toy Pom, Pit Bull of 'n Labrador moet toon, en jy hom daardie soort opdragte en lewenswyse bied, sal hy nie so goed funksioneer nie, en dit wat vir 'n Toy Pom die natuurlikste ding op aarde is -- om op 'n tannie se skoot te sit, en in haar handsak saam te ry en nooit balle en skape te jaag nie, sal 'n Kollie miskien 'n ruk lank gehoorsaam kan namaak, maar dit is nie werklik sy natuur nie, en naderhand sal hy begin handuitruk.
Ek is nie siek nie. Ek is nie gebore met 'n siekte nie. Ek is nie abnormaal of gebreek of foutief vervaardig nie. Ek is bloot 'n sekere soort hond. Sommige honde is aanpasbaar in baie situasies -- soos 'n Duitse Herdershond, byvoorbeeld. So 'n hond is goed met kinders, dog kwaai met inbrekers; hy kan geduldig wees, vinnig, stadig,moedig, gehoorsaam -- baie dinge. Kollie-honde is nie so nie. Hulle moet meer spesifiek aangewend word. Stilsit -- wat vir 'n Rottweiler, Labrador of Duitse Herdershond maklik is, is vir hulle byna onmoontlik.
Ek het nie 'n veearts besoek en uitgevind ek is 'n siek Duitse Herdershond nie. Ek het 'n veearts besoek en uitgevind ek is 'n basterhond met heelwat Kollie in my. Dit is al.
As dit Guy Fawkes-tyd is en mense gooi klappers, sal enige normale Labrador so 'n bietjie bang wees, en dalk stilletjies gaan le in 'n hoekie tot dit verbygaan, en daarna is alles weer normaal. Dit is nie wat met 'n Kollie gebeur nie. As jy nie jou Kolliehond met kalmeermiddels behandel voordat die klappers begin knal nie, kan jy baie sukkel na die tyd. Kolliehonde raak mal. In uiterste gevalle kan hulle tot dae lank histeries rondhardloop en uiteindelik dood neerslaan.
Beteken dit Kolliehonde is siek gebore? Wel, dit hang af van jou perspektief. As jy verwag jou Labrador moet met skape doen wat 'n Kollie kan doen, dan sal jy waarskynlik dink dis die Labrador wat siek is wanneer hy nie die pas kan haal nie.
Verskillende soorte honde funksioneer verskillend in verskillende situasies, en wat in die een situasie 'n aanwins is, het weer sy nadele in ander situasies.
As jou basterhond malword elke keer as daar klappers is, en jy vind uit hy het Kollie in hom, wat staan jou te doen? Gaan jy hom weghou van klappers en hom kalmeermiddels gee wanneer dit nie moontlik is om hom uit die situasie te neem nie? Ditklink tog sinvol. Of gaan jy eers 'n genetikus raadpleeg en uitvind watter spesifieke gene die reaksie veroorsaak, en hom dan probeer Labradorbloed inspuit in die hoop dat jy hom in 'n "normale" hond kan verander?
My maat, ek is nie siek nie. As jy eers na agt jaar uitvind dat jou hond Kollie in hom het wanneer die kenmerkende nadele van Kolliewees onder sekere omstandighede na vore kom, hoekom nou 'n siekte soek waar daar nie een is nie? Daar is tog heelwat van sy Kollie-eienskappe waarvan jy hou en wat op unieke wyse in hierdie basterhond tot individuele uiting kom, sodat hy nie 'n kloon is nie, maar sy eie karakter het. Vra eerder: Onder watter omstandighede wat vir die meeste honde nie 'n probleem is nie, tel 'n Kollie probleme op, en wat kan ek doen om hierdie hond te help cope onder sulke omstandighede? Dit verg slegs eienaarskap. Jy hoef nie 'n veearts te wees nie. En selfs al het die veearts nooit eers vir jou gese jou hond het Kollie in hom nie, kan jy tog self sien wat die hond van jou nodig het wanneer dit klappertyd is.
Jy dink dalk op hierdie stadium: "Ek is lief vir my basterhond, maar ek wil weet wat is hy en wat is nou eintlik Kollie, sodat ek die Kolliebloed kan blameer vir die probleme, en kan liefwees vir dit wat eie is aan hom, dit wat oorbly wanneer ek hom gestroop het van die Kollieheid. Dit is die enigste manier wat ek hom kan vergewe vir sy mal gedrag."
My maat, dit kan nie altyd so werk nie. Jou hond WIL homself tog nie mal gedra nie. Dit help nie jy vergewe maar net en onttrek jouself van sy Kollienatuur en staan op 'n afstand en behandel hom as 'n vreemdeling en 'n pasient nie. Die hele hond met sy hele natuur is joune. As jy waar moontlik hom van klappers weghou, en as hy spesiale gedragslesse kry wat vir Kolliehonde help om klappers effens beter te hanteer, as hy geleer word om soms 'n rukkie lank stil te sit al druis dit in teen sy natuur, en as jy hom die soort omgewing gee waarin hy wel kan rondjaag soos hy wil, dan, wanneer die uitdaging daar is en hy WEET wat om te doen en hoe om dit te hanteer, sal daar mos selde iets gebeur wat vergifnis verg.
Ek is nie siek nie. Ek is nie gebore met 'n siekte nie. Ek is nie abnormaal of gebreek of foutief vervaardig nie. Ek is het maar net 'n bietjie van 'n soort hond in my waarvan jy nog nie vantevore gehoor het nie.
_________________
When I must wait in a queue, I dance. Classified as an aspie with ADHD on 31 March 2009 at the age of 43.
Using my limited knowledge of your language (it does help it's based on mine) you're basically saying that you're like the different breeds of dogs, and that you can't expect one dog to be like another dog, and you're just a different type of dog than most. I'd say that's reasonably accurate.
That sounds like a sensible metaphor (the dog one).
I have an issue with the air traffic tower one.
You see, we are perfectly capable of landing our plane. We know all about order and we're pretty good at what we do - particularly if it's a special interest. It's just that our patterns are different to other people's patterns. We like to land planes east to west, not north to south - and... we don't speak the same language as our colleagues in the tower.
I've used last-generation computer processors as AS metaphor. The Aspie brain can process nearly as much information with as much accuracy as any other - just not as fast. The more complex the incoming stimulus, the more the system balks, overwhelmed by the throughput. It will usually load and run everything, but needs more time to do so, and if you push it too hard will occasionally crash and require a reboot. The information 'funnel' in the processor chip can only handle specific amounts of data at a time.
Or words to that effect.
Similar Topics | |
---|---|
Obligatory New Member Thread |
17 Apr 2025, 2:45 pm |
Women’s Support Thread |
06 Jul 2025, 12:49 am |
(Late) new member thread.. hi |
26 Apr 2025, 11:31 am |
Chappell Roan appreciation thread |
30 Apr 2025, 7:00 pm |